Valeska van Schoor (33), is onlangs aangewys as Agri Gauteng se Jongboer wenner vir 2024. Hierdie ma van twee kinders, Alexander (4) en Zoey (8 maande) se uitstaande eienskappe as groenteboer, het onteenseglik in haar guns getel en aan haar dié louere verseker.
Met ‘n ‘n ingenieursgraad (B.Ing.) in rekenaar en elektroniese ingenieurswese behaal aan die Noordwes-universiteit, is dié groenteboer reeds die afgelope vier jaar heeltyds ‘n boer.
Sy en haar man, Stefan besit en bedryf saam ‘n groente-onderneming, Gro4Africa op hul plaas van sowat 25-30ha tussen Rayton en Donkerhoek, oos van Pretoria. Voorheen, onder meer werksaam by die WNNR as projekbestuurder, het Valeska en Stefan, ‘n gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester en voormalige finansiële bestuurder by Obaro, reeds met proeflopies begin.
Vanaf 2020 boer sy heeltyds maar as gevolg van die maatskappy se buitengewone groei, het werk net te veel geword vir een persoon
en het Stefan in Desember 2023 ook heeltyds by die boerdery aangesluit waar hulle intensief met groente soos spinasie, groenboontjies,
blomkool, seldery suikermielies en gespesialiseerde slaaiblare boer. ‘n Klein gedeelte van die boerdery is onder skadunet.
Valeska sê hulle voorsien hul produkte aan ‘n verskeidenheid kliënte, onder
meer verpakkers en verwerkers wat aan Woolworths lewer, maar verskaf ook direk aan kleinhandelaars.
Lees meer hier (AgriAbout • October 2024 • No 138)